Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776092680 | Published: October 9, 2017 |

Die onaantasbares

Die onaantasbares

Regular price R 230
Regular price Sale price R 230
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Steve Hofmeyr word as skrywer van Afrikaanse fiksie hoog aangeslaan. Sy Vier briewe vir Jan Ellis en Laaste dans, Drienie is deur literêre kritici aangeprys. Nou ontpop dié gewilde en omstrede sanger en akteur as misdaadskrywer met Die onaantasbares.

Die hoofkarakter in dié spanningsroman is 'n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is 'n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.

Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliënte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. Ná 'n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is 'n vaardige verteller wat lesers op 'n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen 'n hoë tempo vloei.

Author Steve Hofmeyr

View full details