Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776093076 | Published: April 7, 2018 |

Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome

Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome

Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker 'n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone.

Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê sodat dit met gemak en plesier gebruik kan word. Volwasse lesers verkneukel hulle nie net in die vernuf waarmee die skepper van Idees vol vrees woord en beeld teenoor mekaar afspeel nie; die genot om ou segswyses aan die vergetelheid te ontruk, steek vure van nostalgie vir toeka se tye opnuut aan die brand.

Soos in hierdie boek se voorganger, 'n Wolf in skaapsklere, word die idiome van kort betekenisverklarings voorsien, en die kleurvolle illustrasies word agterin deur 'n lys met nóg idiome en uiteensettings aangevul.

Wees gewaarsku: Lesers van alle ouderdomme sal Net die oortjies van die seekoei met moeite neersit.

View full details