Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776094158 | Published: October 4, 2019 | Soft Cover

Kammaland

Kammaland

Regular price R 340
Regular price R 0 Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op 'n kanaalboot in die verre Engeland. Op hul eie. Sonder ervaring. Sonder 'n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop. Annelie en die ou gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet. Om te besin oor die roete van die allerlaaste vyftien sterkerige jare wat dálk voorlê. Om herinneringe te vergaar vir die stil dae op die ouetehuisstoep. En om mekaar vergifnis te gee vir sovele sondes.

Min sou hulle kon voorsien dat die reis van hosannas ook 'n reis van tappende ontberings en rasperende emosies sou wees. En dat hulle meer as een maal die boot wou verlaat en die kinders bel om hulle te kom haal. Maar tot op die een-en-neëntigste dag het hulle vasgehou aan die idille. En aan mekaar.

Author Annelie Botes

View full details