ISBN: 9781776172054 | Published: March 1, 2022 | Paperback
Mianke skryf 'n storie en fluister vir perde
Mianke skryf 'n storie en fluister vir perde
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Kan ʼn rock-ster op ʼn Karooplaas bly en werk? Natuurlik, dis presies wat Mianke van den Hever van Hanover is en doen. Dié besondere plaasnooi, wat met Down-sindroom gebore is, boer en leef haar uit tussen perde, skape, beeste, wild, klein diertjies in die veld, haar honde en die plaasmense op Beestekuil. Pa GP het vertel dat Mianke van kleins af ʼn boek wou skryf, maar dat die verstaan van letters en woorde haar nie beskore is nie. GP vra of ek kan help om dié droom te verwesenlik?
Sy het haar netjies voorbereide storie uit haar kop aan my vertel en dit is hier op skrif gestel, soos sy dit wou hê.
Author Jan Bezuidenhout
Author Mianke van den Hever
Share
