ISBN: 9781776172214 | Published: June 30, 2022 | Paperback
Madame Pylinska en die Geheim van Chopin
Madame Pylinska en die Geheim van Chopin
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Eric-Emmanuel Schmitt is die geliefde skrywer van Oskar en die Pienk Tannie en Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran. In Madame Pylinska en die Geheim van Chopin vertel Schmitt die vermaaklike en dikwels roerende verhaal van sy lesse by 'n Poolse klavieronderwyseres, Madame Pylinska. Sy 'Saterdae saam met Madame Pylinska' sluit ook lesse in oor die geskiedenis van Pole en komponiste wat vir die klavier geskryf het, veral Chopin en Liszt.
Ander onvergeetlike karakters in die verhaal is Schmitt se Tante Aimée, aan wie hy sy liefde vir die klavier en veral Chopin te danke het, en Madame Pylinska se katte, vernoem na (of geïnkarneer deur?) beroemde Chopinpianiste soos Alfred Cortot, Arthur Rubinstein en Vladimir Horowitz. Dit is ook die verhaal van Schmitt se ontdekking van waar sy eintlike talent lê: nie by die uitvoering van Chopin nie, maar by die skryf van kortverhale, romans en dramas. Soos Oskar en die Pienk Tannie en Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran, is die roman Madame Pylinska en die Geheim van Chopin ook verwerk as 'n verhoogproduksie met Eric-Emmanuel Schmitt as homself.
Author Eric-Emmanuel Schmitt
Share
