ISBN: 9781776172580 | Published: January 1, 2022 | Paperback
Petra Müller - Die skerpgevylde oomblik.
Petra Müller - Die skerpgevylde oomblik.
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die skerpgevylde oomblik is 'n huldigingsboek vir geliefde en bekroonde skrywer Petra Müller en bied nuwe perspektiewe en herwaarderings van haar bekendste werk. In agt hoofstukke deur gewaardeerde kenners word onderhoudend en insiggewend geskryf oor posthumanisme, totemisme, mens-dierverhoudings en ekokritiese aspekte in Müller se kortverhale, terwyl ook sin-beeld verhoudings en die elegiese en erotiese in haar poësie bespreek word. In 'n oorsig oor haar skryfloopbaan, word vir die eerste maal 'n inklusiewe beskouing gegee op die veelsydige produktiwiteit van hierdie skrywer.
Sy was joernalis wat reisartikels en essays geskryf het, en sy was resensent. Vir haar populêre romans, tydskrifverhale en koerantrubrieke het sy ook skrywersname gebruik; en sy het kinderboeke vertaal en kinderboeke geskryf. Alles bykomend tot die literêre oeuvre van agt digbundels en vier bundels kortverhale.
In November 2022 verskyn Die skerpgevylde oomblik, onder redaksie van Karen de Wet, in die SAAWK se huldigingsreeks oor
Hertzogpryswenners. Die reeks bied akademiese perspektiewe (met dubbelblind ewekniebeoordeelde artikels) en lewer 'n wesenlike bydrae tot bestaande literêr-historiese navorsing.
In vyftien nuwe gedigte wat oor Müller en haar werk handel, word telkens 'n heel eie lig gewerp op Müller en onderwerpe waaroor sy dikwels geskryf het, op hoe sy gekyk en verwoord het en ook op die invloed wat sy as mens en digter gehad het. Die digters is Dominique Botha, Breyten Breytenbach, Marius Crous, Johann de Lange, Thomas Deacon, Tom Dreyer, Clinton V. du Plessis, Heilna du Plooy, Melanie Grobler, Joan Hambidge, Marlise Joubert, Loftus Marais, Charl-Pierre Naudé en Carina Stander.
Die navorsingsbydraes is geskryf deur Riëtte Botma (US), Marius Crous (NMU), Karen de Wet (UJ), Sonja Loots (UK), Susan Meyer (NWU), Adéle Nel (NWU), Francois Smith (UV)en Louise Viljoen (US).
Share
