Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776172825 | Published: June 30, 2023 |

Tee Vir Jou

Tee Vir Jou

Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die bundel bevat 29 kortverhale oor vriendskap en empatie wat mens elke dag én in krisistye met ligter tred help voortstap.

Die karakters is raak beskryf en lewe in volkleur, meestal in en om Kaapstad Hulle geniet die natuurprag om Chapman's Piek op ʼn blou lug dag met wit branders, ruik die soutsee hoor die seemeeue krys en proe varsgebakte brood met tuisgemaakte perskekonfyt.

Die verhale is ʼn weerspieëling van die vreugdes verdriet en veranderinge wat veroudering en die alledaagse lewe vir ons almal meebring Soos die liefde wat onverwags in Rome begin blom die strewe om enduit ʼn gevoel van waardigheid te handhaaf of hoe om uitdagende situasies te bowe te kom En, hoe nuwe kommunikasiemetodes op elektroniese en verhoudingsvlakke hanteer kan word.

Jonk en oud deel ook wedersyds hul ondervindinge met mekaar Die wipplank van die lewe, die goeie en die slegte in mense bied vele keuses hoe mens daarop reageer Uiteindelik bly dit jou keuse om te maak, soos of jy sou wou kinders hê of nie en of jy dalk 'n meermin sou wou word.

View full details