Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776194384 | Published: January 28, 2025 | Paperback

Die Stellenbosch Mafia

Die Stellenbosch Mafia

Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

BYGEWERKTE WEERGAWE
Daar word bitsig na hulle as die “Stellenbosch-Mafia” verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik?

Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as 'n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politeke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke.

Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en familieverbintenisse? Hy bied 'n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.

View full details