ISBN: 9781776194490 | Published: October 17, 2025 | Soft Cover
Ten Slotte
Ten Slotte
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Eben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees, gerespekteer en dikwels nageboots - maar hy bly ongeëwenaard.
Hy is lid van die Springbokke se senior leierskapsgroep, en speel 'n deurslaggewende rol in 'n ongelooflik suksesverhaal wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers insluit, asook die span se posisie boaan die wêreldranglys die afgelope twee jaar.
In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore vir sy buitengewone sukses, en hoe hy gefokus bly - op en van die veld af. Van sy beskeie kinderjare in Goodwood - 'n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie - regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die SuidAfrikaanse nasionale span, vertel Ten slotte die verhaal van 'n merkwaardige sportloopbaan.
Dit is 'n inspirerende storie van 'n man wat van voor af gelei het en teen die bestes in die wêreld gespeel het.
Author Eben Etzebeth
Share
