Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776261062 | Published: July 1, 2025 | Paperback

Deurmekaarbos se sonstraaltjie

Deurmekaarbos se sonstraaltjie

Illustrator:Chante Kruger
Illustrator:Hazell Schoeman
Regular price R 175
Regular price R 0 Sale price R 175
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Met haar goue krullebol, groen oë en fyn sproetjies oor die brug van haar neus draai Sonstraaltjie al die inwoners van Deurmekaarbos om haar pinkie. Sonstraaltjie is Deurmekaarbos se feeprinses en van die kleinste diertjie tot die grootste reus kom vra haar altyd vir raad. Haar huis is 'n groot rooi paddastoel met 'n knewel van 'n knoets as skoorsteen, langs 'n prentjiemooi waterval. Sy het ook 'n troetel-liewenheersbesie wat gedurig onder haar voete beland. Al haar maats in Deurmekaarbos het snaakse kruiename. Daar is Anoster en Anys (tweelingkaboutermaats), Kerwel Uil, Suring Ystervark, Haap Haas, Laloentjie Elf, Balderjan Hamster en nog vele meer. Saam-saam beleef hulle verskeie avonture, soos 'n padda wat kol-kol verdwyn en weer verskyn, 'n besoek vanuit die buitenste ruimte, 'n borrelberg en die gebreekte koekoekklok.

Daar is voorwaar nooit 'n vervelige oomblik in Deurmekaarbos nie.

Author Deserise Cocklin-Viljoen

Illustrator Chante Kruger

Illustrator Hazell Schoeman

View full details