Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776351374 | Published: May 31, 2022 | Paperback

Geanker in geloof

Geanker in geloof

Regular price R 180
Regular price R 0 Sale price R 180
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Geanker in geloof is 'n storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor 'n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien.
Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van 'n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.

Geanker in geloof nooi die leser uit om die skoonheid en wonder van God wat reg voor ons is, raak te sien sodat ons die eerste tree met nuwe moed kan neem in die rigting van die wonderlike roeping wat Hy vir elkeen het.
Geanker in geloof is die vertaling van Caitlin Henderson se uiters suksesvolle boek, Faith, farming and family: Cultivating hope and harvesting joy wherever you are. Sy is 'n boervrou en ma van drie kinders op 'n plaas in Kansas, VSA, maar sy is ook 'n skrywer, leraar en spreker. Sy het 'n gewilde webjoernaal en 'n podsending, Boldly Pursuing. Caitlin was al die spreker by vele konferensies met bekendes in die Christelike sprekersarena. Sy rig ook vroue af om doelgerigte lewens te lei en hoe om hul besighede en netwerke te gebruik tot eer en verheerliking van die Here.

View full details