ISBN: 9781776351497 | Published: July 1, 2022 | Paperback
Hoeveel tande het 'n engel?
Hoeveel tande het 'n engel?
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.” Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar 'n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir 'n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …
Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; 'n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie 'n straf is nie. En oor engele. Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?
Aanhangers van boeke soos The Fault in Our Stars en Five Feet Apart sal mal wees oor hierdie verhaal. Vermeulen weef 'n uiters treffende en roerende verhaal oor jong liefde, verlies en geloof. Engele speel ook 'n fassinerende en belangrike rol in hierdie storie.
Author Jan Vermeulen
Share
