ISBN: 9781776351510 | Published: January 24, 2023 | Paperback
Aurora
Aurora
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
'Dawid Uys, 'n jong dominee op die platteland, word gekonfronteer met vrae oor sy herkoms en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses
wanneer hy 'n onverwagse oproep van 'n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het. Dawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met 'n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en ook moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se
dogter. Daar is ook 'n nuwe intrekker op die dorp, 'n beeldskone enkelma met 'n misterieuse verlede. Aurora neem vir Dawid en die leser op 'n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.
Aurora is 'n eietydse roman, oor gewone mense in gewone situasies. Belangrike temas soos menswees, geestelike groei en geloof word aangespreek.'
Author Tertius Janse van Rensburg
Share
