Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776351756 | Published: July 1, 2022 | Paperback

Hart van goud

Hart van goud

Regular price R 110
Regular price R 0 Sale price R 110
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Op die oog af lyk dit of daar niks is wat Stella Smith nie kan doen nie. Sy kan dans met ʼn skinkbord vol drankies, haar stempel afdruk as sy saam met 'n gewilde country groep sing, ʼn lekkende kraan en stukkende pyp regmaak, blomme rangskik en selfs kerkorrel speel. Daar is egter iets wat sy nie kan doen nie: om normaal op te tree as Kyle White in die vertrek is. Kyle het sy toekoms en sy loopbaan deeglik beplan. Hy is op pad San Francisco toe. Daar sal hy nie net die seun van 'n goewerneur wees nie, maar ʼn talentvolle argitek in eie reg. Ridgeway is net ʼn vinnige stop voor dan, maar die ongelooflike sexy kroegmeisie Stella maak gevoelens in hom wakker en krap sy planne deurmekaar. Ongelukkig spook Stella se verlede nog te veel by haar om die toekoms met albei hande aan te gryp. Sy voel ook nie gereed om te deel wat vyf jaar gelede op Ridgeway gebeur het nie - al vertel die tatoes op haar liggaam ʼn groot deel van die storie.

Hart van goud is die vyfde boek in Didi Potgieter se gewilde Harte-reeks. Dit is 'n heerlike ontvlugtingsreis na Colorado en San Francisco, en karakters uit haar vorige boeke maak ook hier hul verskyning. Didi is bekend daarvoor dat sy sensitiewe onderwerpe versigtig hanteer en toepaslike navorsing doen. Hierdie boek is geen uitsondering nie.

View full details