Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776351831 | Published: March 3, 2022 | Paperback

Party dinge is vir altyd

Party dinge is vir altyd

Regular price R 110
Regular price R 0 Sale price R 110
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Liefde is vir altyd.
Jeanie McMillan land op Kaapstad twee jaar nadat sy weggehardloop het op haar troudag. Op die lughawe loop sy in Gerard de Lange vas, die rede hoekom sy toe nie getroud is nie. Vir haar sal hy altyd dié een wees, maar hulle het hulle beurt gehad, sy het die leuens oor hom geglo en dis tyd om aan te beweeg. Maar die rooi nommertjie wat Gerard uit sy tas haal, is nie syne nie. Dis Jeanie s'n. Hul tasse is omgeruil op die lughawe. Hy sal weet, hy was die een wat ewe opgewonde twee jaar gelede vir hulle identiese tasse gekoop het vir die wittebrood wat nooit gebeur het nie. Hy is nie troumateriaal nie, kinders wil hy beslis nie hê nie. Maar hy wil, nee, hy moet by Jeanie wees en stel voor sy trek by hom in. Sy voorstel is veronderstel om net 'n tydelike reëling te wees, maar hy besef amper te laat dat liefde nie tydelik is nie, liefde is vir altyd.

Hierdie verhaal vorm nie deel van Elsa se geliefde Greyton-reeks nie. En tog is hierdie alleenstaande romanse tipies Elsa Winckler: snaaks, modieus en stomend. Die boek bespreek die rol van toeval en tweede kanse vir moderne paartjies.

Author Elsa Winckler

View full details