Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776351916 | Published: March 7, 2022 | Paperback

Die geheim van Mussolini se kaart

Die geheim van Mussolini se kaart

Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

'n Aksiebelaaide avontuurverhaal in die styl van The Da Vinci Code.
Elena ontdek 'n ou kaart in die solder op hul plaas, 'n kaart van haar Italiaanse oupa wat as krygsgevangene na Suid-Afrika gestuur is. Dis deel van 'n kaart wat kan lei na 'n goudskat wat Mussolini in ou oorlogsbunkers weggesteek is.
Wanneer sy dit vir haar vriend in Stellenbosch, historikus Ernst, gaan wys, bars alle hel los. In die chaos wat volg, word sy verdink dat sy Ernst vermoor het en moet sy vlug vir sowel die polisie as die gewelddadige skatjagters. George, 'n vriend van Ernst, word onwillekeurig ingetrek in haar vlugtog. Maar wanneer sy eie familie se lewens in gevaar kom, moet hy moeilike besluite neem. Los hy vir Elena aan haar eie lot oor, of moet hy haar help om die skat via die Vatikaan met al sy intriges in Italië te gaan soek?

'n Spanningsvolle avontuur wat in interessante ruimtes afspeel, van Stellenbosch, Bellville, Durbanville en Kaapstad na Rome.

View full details