ISBN: 9781776352135 | Published: May 31, 2022 | Paperback
Rooigety
Rooigety
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?
Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën. Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens 'n uitstappie op die lyk van 'n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?
Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019). Die vooroordele van 'n gemeenskap en oorreaksies as gevolg daarvan kom aan bod: Die skool stuur bv. rebelse tieners na fanatiese regrukkampe, en die ouers wantrou bloedskenking by die skool na gerugte van mutimoorde. Bets Smith is 'n veelsydige skrywer wat hedendaagse, nuuswaardige insidente gebruik om spanning te bou en ons vrese uit te lig.
Author Bets Smith
Share
