ISBN: 9781776352159 | Published: July 1, 2022 | Paperback
Soeter as nougat
Soeter as nougat
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Ware liefde het nog nooit so soet gesmaak nie
Fouché steur hom nie aan sy pa se deurmekaar praatjies in die hospitaal nie. Tot die aand toe sy pa sterf en Fouch é ʼn skokkende ontdekking agter in sy Bybel maak. Watter tipe verhouding het sy pa met bloedjong Elmarie Coetzee gehad? Elmarie is nederig, lief vir die Here, het 'n oop hand vir die armes en hoë morele waardes. Onbewustelik krap sy Fouché se planne om haar te ontmasker deurmekaar. Hoe beter hy haar leer ken, hoe moeiliker vind hy dit om te glo sy is skuldig. Boonop begin hy sy hart op haar verloor. Dít terwyl hy baie goed weet liefde is niks anders as ʼn seepbel wat wag om te bars nie. Wanneer die waarheid eindelik uitkom, is die skade onherroeplik. Sal Elmarie hom kan vergewe en glo dat hy werklik lief is vir haar?
Soeter as nougat is die vierde boek in die Soeter-reeks, wat volg op Soeter as tjoklits, Soeter as fudge en Soeter as kondensmelk.
Author Lizelle von Wielligh
Share
