ISBN: 9781776352258 | Published: July 1, 2022 | Paperback
`n Kwessie van tyd
`n Kwessie van tyd
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die verkeerde man op die regte plek kan 'n groot verskil maak.
Op 'n stormagtige nag in 'n Engelse herehuis word 'n jong vrou grusaam vermoor. Sy vat 'n eienaardige geheim na haar graf toe en die moordenaar verdwyn soos 'n skim in die nag. Twintig jaar later by een van die wêreld se mees eksklusiewe perdewedrenne is dit die buiteperd wat onverwags die kroon wegdra. In een van die losies staan Henry Clarke stomgeslaan.
Hy het sopas iets onmoontlik sien gebeur. Op 'n klein wildsplaas in die noorde probeer Jan Brand vir hom so tussen die stof en droogte 'n nuwe lewe staanmaak. Vir so 'n jong man het hy al baie geleef. Nes hy dink hy kan die stad agter los en in vrede begin boer, ontvang hy 'n uitnodiging van sy skatryk buurman, einste Henry Clarke. Dié wil Brand as privaatspeurder aanstel om 'n raaisel in die ruitersport op te los. Kort daarna verdaag Brand na Kaapstad, waar 'n geheim begrawe deur tyd, geld en mag vir hom wag, tesame met die mense wat bereid is om te moor om dit so te hou. Jan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees.
'n Kwessie van tyd is Marten se debuut. Hy tref 'n baie goeie balans tussen aksie, spanning, humor en romanse om iets vir alle lesers te bied. Die hoofkarakter, Jan Brand, is een van daai outydse helde wat met 'n sterk regtervuis en vinnige voet- en denkwerk die dag moet red. Die storie speel af in en om die spogwêreld van ruitersport, wat sorg vir 'n interessante kontras vir 'n aardse karakter soos Jan Brand.
Author Marten van der Merwe
Share
