Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776352333 | Published: May 6, 2022 | Paperback

Sprokie vir 'n plaaskind

Sprokie vir 'n plaaskind

Regular price R 110
Regular price R 0 Sale price R 110
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Kan liefde die vrees vir verwerping oorkom?
Geneviève van Vuuren, oftewel Jenny, se sprokieshuwelik word onverwags deur haar verloofde afgestel. Kwaad, hartseer en teleurgesteld besluit sy impulsief om saam met haar suster en swaer met ʼn kampeerwa deur Italië te gaan reis. Alles verloop goed, totdat die losbol wêreldreisiger, Reinhard Prinz, hulle op die laaste nippertjie vergesel. Al wat Geneviève met Reinhard in gemeen het, is die feit dat hulle albei as kinders deur ʼn ouer verlaat is. Nie een van hulle vertrou die teenoorgestelde geslag nie en is ook nie van plan om van mening te verander nie. Al probleem is die aantrekkingskrag wat vinnig duidelik raak.
Geneviève en Reinard is nie blind vir hul gevoelens nie, maar ook nie gereed om dit met mekaar te deel nie. Is die vrees vir verwerping sterk genoeg om in die pad van hul geluk te staan?

Hier neem Rene lesers op reis na Italië, wat ʼn heerlike agtergrond tot die ontknopende romanse bied. Die verhaal hanteer temas soos hartbreek en verwerping, maar wys hoe liefde selfs die swaarste gemoed kan lig.

Author René van Zyl

View full details