Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776352777 | Published: May 6, 2022 | Paperback

Liewe Lisa

Liewe Lisa

Regular price R 110
Regular price R 0 Sale price R 110
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Net die liefde kan jou werklik laat vergewe.
Lisa is ʼn liewe mens, ʼn ware engel. Om altyd gaaf en goed te wees, vát aan ʼn mens. Veral sedert haar pa uit hul lewens is en die sedige oom Johan se kerkskoene soms onder haar ma se bed staan. Lisa hang haar engelvlerke op toe sy vir Darius Schietekat, oom Johan se seun, ontmoet. Oor een ding stem Lisa en Darius saam - hul ouers hoort nie bymekaar nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om die Bothas en die Schietekatte uit mekaar se hare te hou nie. Al wat Lisa vra, is om uitgelos te word. Dis háár lewe, háár ape, háár sirkus, en Darius Schietekat hoef nie daarmee saam te stem nie. Dit sluit haar verhouding met Henco in.
As Lisa net die spoke van die verlede kan agterlaat en antwoorde kan kry oor wat werklik daardie noodlottige aand op die see gebeur het. Darius wil haar help, maar is dit ʼn goeie idee? Om uit te vind jy het jou lewe lank met ʼn leuen geleef en dan te vergewe, is soms te veel gevra. Net liefde kan jou dan red.

Hier is Loots weer op haar beste, met humor en deernis wat jong en ouer lesers sal vermaak. Die boek ondersoek temas van familie en vergifnis, en vra wat dit vat om dié wat mens die seerste kan maak te vergewe.

Author Kristel Loots

View full details