ISBN: 9781776352814 | Published: August 30, 2022 | Paperback
Oorfone en oefenfietse
Oorfone en oefenfietse
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Liefde kan enige uitdaging oorkom
Karli Visser is 'n radio-omroeper, binnekort dertig jaar oud, en nie meer seker of sy lus het om haar gemaklike lewenstyl en spasie met iemand anders te deel nie. Maar haar kollegas en vriende het ander planne en voor sy kan keer is sy in die middel van 'n realiteitsprogram besig om te swoeg en sweet om 20kg te verloor met een van die sexieste Bachelors in Bloemfontein. Sybrand Naude is 'n biokinetikus by 'n vooraanstaande hoërskool. Hy geniet sy werk, maar sy groot droom is om eendag sy eie praktyk te hê. Dalk is hierdie openbare sirkus saam met Karli en haar radioprogram net die afskop wat hy nodig het. 'n Vrou soek hy nie, want hy het gesien hoe liefde sy broer gebreek het. Al probleem is dat Sybrand totaal en al hopeloos in die taal van die liefde is, en veral oor vrouens oor die algemeen. Gaan Karli hom uit sy penarie kan red sodat hy ook geluk kan vind of is hy 'n verlore saak?
Hierdie boek is gevul met humor en twee sterk karakters wat by lesers sal aanklank vind. Dit raak die uitdagings aan om gewig te verloor terwyl 'n besige lewe gehandhaaf moet word.
Author Louise van der Merwe
Share
