Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776353590 | Published: May 19, 2022 | Paperback

Mixtape van die liefde

Mixtape van die liefde

Illustrator:Linki Brand
Regular price R 200
Regular price R 0 Sale price R 200
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hierdie bundel gedigte, saamgestel deur Antjie Krog, verken die verskillende dimensies van die liefde:
Verliefdheid ('n rimpelvel hardloop),
Wat is liefde? (my hart het in jou verdwaal),
Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?),
Liefde en pyn (ek volg net my hartseer),
Liefde en woede (ek haat en ek het lief) en
Liefde wat verder reik (o's celebrate).
Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel:
Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman, Van Wyk Louw tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julies en Ryan Pedro. Ronelda S. Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte.
Vertalings stel lesers nie net bekend aan plaaslike talent in isiZulu-, Setswana-, Xam- en San nie, maar bied ook 'n blik op wêreldliteratuur met gedigte van die Fransman Michel Houellebecq, die Kubaan Nicolás Guillén en
Lucebert (wie se gedig in Nederlands verskyn).

Author Antjie Krog

Illustrator Linki Brand

View full details