Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776354436 | Published: August 8, 2022 | Paperback

Theseus

Theseus

Illustrator:Cristy Zinn
Regular price R 85
Regular price R 170 Sale price R 85
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hy is sterk en slim.
Hy is reg vir avontuur.
Hy hou nie van boelies nie.
Hy is 'n seun wat sonder 'n pa grootgeword het.
Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet.
Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe.
Theseus is 'n superheld wat in Antieke Griekeland geleef het. Hy het sonder 'n pa grootgeword maar op sy agtiende verjaarsdag vertel sy ma vir hom dat sy pa eintlik 'n koning is wat hom nie wou gehad het nie. Die enigste manier om sy pa se hart sag te maak, is om 'n paar sandale en swaard wat onder 'n reuseklip versteek is vir sy pa te vat. Sy pa soek 'n seun wat sterk en magtig is. Met sy superkrag kry Theseus die sandale en swaard en beplan om sy pa te gaan ontmoet, maar die pad soontoe is besonders gevaarlik. Theseus moet 'n klomp boewe verslaan en uiteindelik raak hy beroemd vir sy krag en goeie dade.

Theseus is 'n moderne hervertelling van 'n ou klassieke verhaal, soortgelyk aan Perseus, wat in Junie 2021 verskyn het.

Author Maritha Snyman

Illustrator Cristy Zinn

View full details