Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776354900 | Published: December 8, 2021 | Paperback

In sterre geskryf

In sterre geskryf

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie ...
Tessa Steyn is mal oor Kersfees. Soos in gaan-voluit mal: die musiek, die boom, die engeltjies, die kerse, die ligte, die klokkies, álles. Na 'n kort kuier in Johannesburg, vlieg sy George toe, die naaste lughawe aan Buffelsbaai waar haar mense elke jaar Kersfees hou. Aan die grompot langs haar in die vliegtuig, gaan sy haar nie steur nie. Gelukkig gaan sy hom nooit weer sien nie. Veearts Sias Reynecke haat Kersfees. Hy is net op die vliegtuig omdat sy suster 'n huis vir hulle twee vir Kersfees op Buffelsbaai gehuur het. Dis nou as hy daar aankom sonder om iets aan die irriterende beeldskoon vroumens wat langs hom in die vliegtuig beland het, te doen. Hopelik sien hy haar nooit weer nie.
Maar soos Tessa se ouma, Liesbet, verduidelik: Sommige dinge is reeds lank terug in die sterre geskryf en niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie.

ʼn Stomende Kersromanse uit die pen van een van Suid-Afrika se gewildste
skrywers.

Author Elsa Winckler

View full details