Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776354924 | Published: December 8, 2021 | Paperback

Die Kersfeeslysie

Die Kersfeeslysie

Author:Dina Botha
Author:Romanza
Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Dis baie moeilik om ʼn superma te wees as jy enkellopend is. Elani Davis is ook nie die uitsondering nie. Berge skottelgoed, wavragte wasgoed en 'n baba is besig om haar onder te kry. Boonop kry sy nie die diens wat sy van Rent-a-nanny verwag nie. Iewers moet sy egter 'n streep trek en konfronteer die eienaar van die oppassers, Marion Pelzer. Wat toe nie 'n vrou is soos sy verwag het nie, maar 'n man. ʼn Baie, baie aantreklike man wat blykbaar niks van kinders weet nie. Elani gee hom 'n snipperige tikkie raad: As hy ooit 'n sukses van sy besigheid wil maak, moet hy liefs sy teikenmark leer ken. Marion aanvaar die uitdaging en toe Elani haar voordeur oopmaak, staan Marion
op haar drumpel, gereed vir sy eerste les. Marion vind gou uit dat dit alles behalwe kinderspeletjies is, maar hy besef ook hoe graag hy vir ewig oppasser in dié huis wil speel.

Dina Botha op haar beste. Sy kry dit keer op keer reg om ʼn moderne, spelerige romanse te skryf wat die leser sal laat skater. Temas in die boek sluit in enkelouerskap en die man se rol in kinderopvoeding.

Author Dina Botha

Author Romanza

View full details