Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776356867 | Published: June 3, 2022 | Paperback

Jaargety

Jaargety

Regular price R 110
Regular price R 0 Sale price R 110
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Liefde kan jou siel genees
Zadelle, die nuwe dokter op Groeneweide, dra 'n donker geheim en stel geensins belang in enige verhouding nie. Totdat sy vir Jacques Greyling, 'n aantreklike beesboer ontmoet. Jacques verloor sy hart op Zadelle en is vasberade om haar vir homself te wen, maar vind gou uit dis nie so maklik nie. Jacques is egter 'n Greyling en deins nie terug vir enige uitdaging nie. Zadelle oorweeg 'n verhouding met Jacques, maar eers moet sy vir berading by die plaaslike dominee gaan om haar te help om haar verlede te verwerk. Sal Jacques haar verwerp as hy die waarheid oor haar verlede uitvind? Kan sy haar probleem oorkom? Jacques vind wel die waarheid uit, maar dit maak 'n sterker beskermingsdrang binne hom wakker. Hy werp alles in die stryd om haar te help en saam moet talle struikelblokke oorkom voordat hulle geluk kan vind.

Nog 'n inspirasieverhaal met baie hart wat op die dorp Groeneweide afspeel.

Author Madelie Human

View full details