ISBN: 9781776357529 | Published: July 1, 2022 | Paperback
Verbode drif
Verbode drif
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Sy's ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
Verbode drif is ʼn heruitgawe van ʼn geliefde titel. Die kernverhaal bly dieselfde, maar Irma het wel hier en daar tonele uitgebrei of ingeskryf. Verbode drif is ʼn ligter historiese liefdesroman met karakters wat die leser van meet af intrek. Wanneer daarna gevra word, sê Irma altyd dat Verbode Drif steeds haar gunsteling boek bly van almal wat sy al geskryf het.
Author Irma Joubert
Share
