ISBN: 9781776358045 | Published: August 30, 2022 | Paperback
`n Ridder vir Amélie
`n Ridder vir Amélie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
'n Ware liefdesverhaal het geen einde nie
Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Ingeperk in 'n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy 'n
onverwagse ontsnappingsroete ontdek na 'n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Gideon Barnard is 'n sakeman en mede-eienaar van 'n familiebesigheid, 'n helikoptervlieënier en fotograaf. Hy is dinamies, intelligent en 'n man wat weet wat hy uit die lewe wil hê. Vir Améli is hy die man van haar hart en herontdek sy haar skeppingsvermoë saam met hom. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?
Hierdie boek is 'n heerlike liefdesverhaal wat tussen die middeleeuse en moderne tyd wissel. Interessante geskiedkundige gebeurtenisse en inligting soos die Swart Dood en middeleeuse kruiemedisyne word in die verhaal aangehaal.
Author Bets Smith
Share
