ISBN: 9781776358083 | Published: August 30, 2022 | Paperback
Blom van sy hart
Blom van sy hart
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Liefde maak twee harte een
Christeline Samuels is pas terug ná sy haar doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: 'n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van 'n tuindiens wees en daarby 'n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op 'n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van 'n blom moet egter nie onderskat word nie.
Hierdie boek is die vierde deel van 'n reeks deur Marilé Cloete. Beide karakters verskyn in Romanse in Rock, Man met 'n hart en Projek ware liefde.
Author Marilé Cloete
Share
