Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776358205 | Published: October 19, 2023 | Paperback

Kom saam - Inspirasie vir jou lewensreis

Kom saam - Inspirasie vir jou lewensreis

Regular price R 270
Regular price R 0 Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde gereed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise - en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Sonja Goldberg is die suster van die bekende skrywer Elsa Winckler, en het 'n graad in teologie. Haar inspirerende boodskappe kan gereeld op die radio gehoor word en sy skryf gereeld oordenkings vir die You Version Bybeltoep.

View full details