ISBN: 9781776358601 | Published: January 10, 2023 | Paperback
Boeretroos vir die hart
Boeretroos vir die hart
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
As ek jou net eerste ontmoet het…
Ná die Napoleontiese oorloë is die Williams gesin gedwing om na die Kaapkolonie te immigreer. Maar die gesig wat hulle in Algoabaai begroet is allesbehalwe die rooskleurige prentjie wat daar in Engeland vir hulle geskets is. Rasmus Erasmus is een van die boere wat die immigrante moet help om by hul plase uit te kom. Hy is ook hul buurman en die eerste man wat dit reg kry om Emma se hart vinniger te laat klop. Dit verwar haar, want sy het geen aspirasies om te trou nie. Boonop voel Rasmus dieselfde na 'n liefdesteleurstelling. Rasmus maak dit duidelik dat hy nie daarin belangstel in 'n verhouding met Emma nie. Tog spat die liefdesvonke tussen hulle en moet hy haar uit meer as een situasie red. Sal hy sy liefdesteleurstelling te bowe kan kom en 'n kans op nuwe geluk waag?
Boeretroos vir die hart is die eerste verhaal in Lizelle se nuwe historiese Boere-reeks.
Author Lizelle von Wielligh
Share
