Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776358663 | Published: January 10, 2023 | Paperback

`n Troukoek en `n wiskundeboek

`n Troukoek en `n wiskundeboek

Regular price R 110
Regular price R 0 Sale price R 110
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Liefde kan jou lewe in 'n oogwink verander…
Sonder werk of heenkome en met haar hart en toekomsplanne aan flenters, gaan kruip Annelize in haar vriendin, Jolanie, se leë woonstel op Flenterbaai weg. Sy moet nog die gebeure van die afgelope tyd verwerk en hoop dat sy by die see weer mettertyd rus en rigting sal vind. Min weet sy dat Jolanie se brombek van 'n broer by die huis langs die woonstel gaan opdaag en haar vrede versteur. Hy, met sy Wiskundeboek wat klaar geskryf moet word én sy beeldskone meisie wat haar neus vir net mooi alles optrek, verál vir Annelize. Ludwig is kortaf en baasspelerig en boonop glo hy nie Annelize se rede hoekom sy op Flenterbaai kuier nie. Dan gebeur daar een koue wintersmiddag iets wat veroorsaak dat Annelize nie langer kan wegsteek wié en wát sy is nie. Die vraag is: Wat gaan Ludwig maak noudat hy die waarheid weet?

View full details