Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776379255 | Published: July 22, 2022 | Soft Cover

Van Kakiebos tot Kremetart

Van Kakiebos tot Kremetart

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die wurgmomente van Antonius van donderbos van bloudraad van Zyl.
Vernuwende Teoloog, Spreker, Ingenieur, Sakeman
(B.Th./ M.Div./ MA:Antieke Tale/ MA. Gesinsterapie/
MA. Missiologie. /B.Ing.)

Die seisoene van die lewe het in ʼn doolhof uitgeloop. Aanvanklik het Anton gedink dit is ʼn labirint. Hy het keer op keer hom in die doodloopstraat bevind. Vir jare het sy karakter wegkruipertjie gespeel met sy siel. Met geluk en goue lepels het hy altyd bo-op die perd se rug gebly. Sy vriende het hom saamgesleep deur die tuimeltrein van avontuur en grootword.
Met deursettingsvermoë en drome soos feëverhale het hy dit reggekry om tot bo op die eerste golwe te kom. Sy eerste gevegte was met die reuse van die korporatiewe wêreld. Maar die rotteresies en dekadensie van die sakewêreld sou hy moes trotseer, voordat hy in sak en as sy heil moes loop soek in die dieptes van sy binnekringe.
Sou sy antwoorde kom van bonatuurlike magte of sou sy depressie en afwesigheid van visie en gedagte hom sleep tot in die duisternis van verdoemenis? Wat was die kanse op tweede en derde geleenthede? Hoe sou hy sy waarde weer terugvind van die ashope van drenkelinge en verslaafdes?
Hierdie verhaal loop deur die stofgetrapte grondpaaie van Namakwaland tot in die hoogste verdiepings van die Hancock gebou in Chicago. Van klein saadjies wat in dorre lande geplant word en groot bome word wat skaduwee maak vir moeë siele wat rus soek. Dit vertel van begeertes en drome wat doodloop in werklikhede. Van liefde en verwerping. Van teleurstelling en verwyte. Van menswees en grootword. Van geloof en hoop.

View full details