ISBN: 9781776380954 | Published: May 8, 2025 | Paperback
Donker vuur
Donker vuur
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Oudrecce André Lombard vlug na 'n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie ...
Daar is landswyd onrus en die regering dreig om vryheid van geloof in te perk. Op 'n dag klop die plaaslike mafia aan die kerk se deur op soek na betaling in ruil vir “beskerming”. Wanneer priester Arkadi weier om afgepers te word, plaas hy sy lewe op die spel.
Intussen is die skone Olja uitgelewer aan ongure karakters op Kiëf se koue, ongenaakbare strate. Wanneer André tydens 'n aanval tot Olja se redding kom, bevind hy hom nie net midde-in 'n liefdesdriehoek nie, maar ook verstrengel in 'n oorlog tussen die kerk en die misdaadsindikaat.
Author Pieter Stoffberg
Share
