Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776380978 | Published: August 18, 2026 | Paperback

Brandstapel

Brandstapel

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Author:Marie Lotz
Regular price R 315
Regular price R 350 Sale price R 315
Out of print
VAT included.

Party mense begrawe die verlede. Ander verbrand dit.

’n Brandstigter saai chaos en skroom nie om lewens te neem nie. Wanneer majoor Alek Strauss verdwyn en sy voertuig op ’n skrootwerf gevind word met ’n verbrande lyk binne-in, word sy vrou, Ilse Liebenstein, en die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid se hele wêreld omgedop. Dié keer is dit persoonlik. Wie sou verantwoordelik wees?

Kort voor lank verdiep die raaisel. ’n Gesin word uitgewis in ’n brand in Monaghan Farm en ’n paar dae later brand nog ’n slagoffer in ’n pakhuis dood. Op elke toneel vind die ondersoekspan bisarre leidrade wat die sake aan mekaar verbind. Die piromaan is nie net behep met vlamme nie, maar geniet duidelik die slagoffers se lyding. Amper asof elkeen spesifiek uitgesoek is.

Dit berus by kaptein Bastian Wolvaardt om die brandstigter te stuit voor hy weer toeslaan. Maar hoe nader hy aan die vlamme kom, hoe groter raak die risiko dat hy ook sal brand.

Author Marie Lotz

View full details