Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781776439072 | Published: December 10, 2025 | Paperback

Darla se Kersridder

Darla se Kersridder

Regular price R 190
Regular price R 0 Sale price R 190
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Hy het voorheen haar hart gebreek met die gevreesde “Dis nie jy nie, dis ek.” Nou bied hy aan om die pa van haar baba te wees. Durf sy hom weer vertrou?
Darla Miller se biologiese klok tik genadeloos, en haar droom om 'n baba te hê verkrummel, toe die man wat sy as die pa gekies het, verlief raak op iemand anders. Gebroke, berus sy haar by 'n lewe sonder kinders.
Totdat Bobby Bell weer in haar lewe verskyn.
Hy het in die verlede plig bo liefde gekies en van haar af weggestap, maar nou sien hy 'n manier om ʼn tweede kans met Darla te probeer. Maar dit blyk gou dat hul ooreenkoms om 'n kind saam groot te maak, nie genoeg is nie.
Hy wil álles hê. Veral haar liefde.
Met Kersfees om die draai, het Bobby vier-en-twintig dae om haar hart terug te wen. Sal dit genoeg tyd wees om die letsels van die verlede te genees?

View full details