ISBN: 9781779860187 | Published: January 30, 2025 | Soft Cover
Pandora
Pandora
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Pandora se kruik is oop ... Na 'n liefdesteleurstelling, is Emma uiteindelik reg om weer uit haar dop te kruip.
Net betyds vir 'n opwindende werksaanbod: Sy moet Siprus toe om haar baas, Wim, met 'n projek te help.
Maar die skone Siprus is nie net kristalblou water, sonnige strande en Griekse oudhede nie. Emma is immers daar om internasionale geldwasnetwerke oop te vlek. Sy ontdek egter gou dat die gevaar groter is as wat sy of Wim besef.
Wat kom maak die seiljag saans naby die seegrotte?
Waar lê hul plaaslike agent, Nikos, se lojaliteit? Weet die vissermanne dalk meer as wat hulle voorgee?
Skielik lyk dit asof Pandora al die wêreld se euwels opnuut oopgemaak het.
As Emma ooit weer vir Wim wil sien, en hom wil vertel hoe sy oor hom voel, sal sy een stappie voor moet bly.
Pandora, Marie Spruyt se derde boek is 'n opwindende reis deur 'n antieke wêreld vol moderne euwels en natuurlik, liefde.
Author Marie Spruyt
Share
