ISBN: 9781779860323 | Published: May 29, 2025 | Paperback
Wilde vere
Wilde vere
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar vyftigste verjaardag is sy moedeloos en terneerdruk. Sy is 'n vreemdeling vir haarself en almal soek 'n hap van haar. Haar dobbelverslaafde man, niksnut van ʼn seun, die verarmde kleinhoewe en die versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers.
Dan kom haar seun, Evan terug ná 'n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue, sy swanger meisie van Indonisiese afkoms. Twee agtereenvolgende tragedies laat hul wêreld aan skerwe spat en boonop is 'n opgesmukte geldskieter op Pop se spoor. Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van haar eie lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Sal Evan alleen staande bly? Gaan skoonma en skoondogter kry waarna elkeen van hulle smag? En sal Maria Magdalena, die verstote hoenderhen en Sue se enigste vertroueling, ook haar tuiskoms kry?
Author Hendie Grobbelaar
Share
