Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781779860545 | Published: October 31, 2025 | Paperback

Innie skylte vannie Jirre

Innie skylte vannie Jirre

Regular price R 260
Regular price R 0 Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Keer die beerlou van onse lyfte af weg
en draai tog net onse lewe wee bietjie reg:
lattie hyl ons nie innie nagte so matlik slattie,
ennie trane ons nie oppie mirrag skierlik vattie.

Hierdie kosbare versameluitgawe van Innie skylte vannie Jirre: Griekwapsalms en ander gedigte val saam met Afrikaans se 100-jarige viering as amptelike landstaal.
Die geliefde en ontslape prof. Hans du Plessis se verwerkings van bekende Psalms en ander Bybelverse in aardse Griekwa-Afrikaans sal lesers opnuut aangryp en ontroer. Sedert die bundel se eerste verskyning in 2001 is daar meer as 100 000 eksemplare verkoop en die boek is ook daardie jaar deur die Christelike Boekhandelvereniging as die beste Christelike boek aangewys.
Die legendariese sanger Randall Wicomb het verskeie van die gedigte getoonset en opgevoer. Innie skylte vannie Jirre se Afrikaans-100-gedenkuitgawe is 'n waardevolle kleinood wat op elke liefhebber van Afrikaans se boekrak hoort.

View full details