ISBN: 9781779882059 | Published: October 1, 2026 | Paperback
Ingekluis
Ingekluis
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Hoe los jy die poging tot jou eie moord vanuit 'n hospitaalbed op?
Privaatspeurder, Rikus Anker, word wakker in 'n veld; bebloed en vasgevang in 'n liggaam wat weier om te reageer. Hy kan nie beweeg of 'n geluid maak nie. Wat is fout met hom?
Uiteindelik word Rikus ontdek, en in die hospitaal kom die dokters tot die gevolgtrekking dat daar geen hoop vir Rikus is nie, en dat hy nooit weer 'n normale lewe sal kan lei nie. Maar tot sy frustrasie kan Rikus wel sien, hoor en dink, al kan hy dit nie oordra nie. Hy staar 'n eensame stryd in die gesig om nie toe te gee aan wanhoop nie terwyl hy probeer uitvind hoe hy in hierdie toestand beland het.
Erna, sy vasberade sekretaresse, glo dat hy sal herstel en probeer intussen haar bes om sy besigheid aan die gang te hou. Nadat Sanna, 'n algemene werker met rotsvaste geloof, agterkom dat Rikus een oog kan knip, ontdek hulle dat hy aan Locked-in-sindroom ly. Uiteindelik kan Rikus weer kommunikeer, al is dit net letter vir letter.
Rikus worstel met die God waarin hy nie regtig glo nie, maar met die ondersteuning en die gebede van diegene rondom hom word hy toenemend bewus van God se teenwoordigheid in sy lewe. Maar die situasie word gevaarlik terwyl Rikus probeer om die poging op sy lewe te ontsyfer voordat die aanvaller die werk kom klaar maak - veral nou dat die lewens van die mense vir wie hy omgee ook bedreig word.
Sal hy die raaisel van wie hom en Erna dood wil hê betyds kan oplos? Sal hy ooit uit die bed kan opstaan om uit die hospitaal te kan loop soos Sanna glo hy sal? En waar is God in al die gemors?
Author Tertius Janse van Rensburg
Share
