ISBN: 9781779890399 | Published: August 16, 2026 | Paperback
Plaasdiere van Suid-Afrika
Plaasdiere van Suid-Afrika
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Plaasdiere van Suid-Afrika is ’n vrolike prenteboek van die splinternuwe druknaam, Struik Agri. Dit stel jong lesers voor aan die vele plaasdiere – groot én klein – wat in die veld loop, in die kraal staan of in die hoenderhok skrop.
Jong lesers ontmoet ’n woelige versameling van meer as 60 diere – van sagte skape en besige bokke tot kleurvolle koeie, parate plaasbrakke en klein kapok-hoendertjies. Feitebrokkies word vergesel deur volkleur-illustrasies en foto’s, en bou die jong leser se kennis oor plaasdiere en die lewe op Suid-Afrikaanse plase.
Die boek se oulike uitleg maak dit lekker om oor die landbou te leer. Plaasdiere van Suid-Afrika is gemik op kinders onder sewe en sal beslis plaaskinders én stadsjapies se liefde vir diere en die platteland aanmoedig.
Propvol unieke Suid-Afrikaanse diererasse: Nguni • Afrikaner • Ankole • Drakensberger • Tuli • Bonsmara • Dorper • Persie • Van Rooy • Boerbok • Kalahari Red • Veldbok • Potchefstroom Koekoek • Boschvelder • Volstruis • Boerperd • Basuto-ponie • Nooitgedachter • Kolbroek • Boerboel
Author Helene Booyens
Author Val Myburgh
Share
