Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781834924830 | Published: January 11, 2025 | Paperback

Ek bly lief vir jou

Ek bly lief vir jou

Illustrator:Willa Davis
Regular price R 175
Regular price R 0 Sale price R 175
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hierdie pragtige, selfgeïllustreerde kinderboek neem klein hartjies op ’n reis deur vyf alledaagse stories waar kinders leer dat liefde nooit verdwyn nie – nie selfs wanneer hulle foute maak, jaloers voel, of sommer ’n bietjie stout was nie.

In elke storie word die kind herinner dat Mamma en Pappa se liefde altyd bly, net soos God se liefde vir ons nooit ophou nie. Met sagte woorde, kleurvolle prentjies en eenvoudige lesse wat maklik verstaan kan word, help hierdie boek kinders tussen 3 en 6 jaar oud om te leer wat onvoorwaardelike liefde regtig beteken.

Elke storie sluit af met ’n “onthou-vers” – ’n Bybelvers wat kinders aanmoedig om te onthou dat God se liefde altyd en oral met hulle is.

- Perfek vir saambid- of slaaptydstories.
- Help kleintjies om God se liefde in die alledaagse te herken.
- ’n Ware skat vir enige Christelike gesin of Sondagskoolklas.

Laat hierdie boek jou kind se hart vul met die wete:
“Mamma en Pappa is lief vir my – en God nog meer!”

Author Willa Davis

Illustrator Willa Davis

View full details