Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781868422616 | Published: December 1, 2014 |

Oorlog Beeld

Oorlog Beeld

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 360
Regular price R 0 Sale price R 360
Out of print
VAT included.

Toe die Britse Imperiale Ryk in 1899-1902 sy volle militêre mag teen die Boererepublieke van Suider-Afrika in die veld gestoot het, het 'n groot gedeelte van die res van die wêreld hulle morele ondersteuning aan die dapper burgerkrygers toegesê ... maar sedert die bitter uiteinde van daardie ongelyke stryd het geskiedskrywers die verhaal van die oorlog grotendeels uit 'n Britse oogpunt benader.
Hierdie is 'n geskiedenisboek wat anders is.
Oorlog-Beeld voer 'n verbeeldingsprong uit om die krygswêreld van daardie stryders wat deur Nelson Mandela as die 'eerste Afrika-vryheidsvegters van die 20ste eeu' beskryf is, te laat herleef. Hier, in koerantformaat soos dit destyds kon gewees het, volg die verhaal van die 'Engelse Oorlog' wat deur Boere vertel word: deur die offisiere wat hulle burgers op die slagvelde by Magersfontein, Colenso en Spioenkop aanvoer; deur bittereinderburgers wat tot op die laaste volgehou het; deur verveelde burgers wat Mafeking, Ladysmith en Kimberley tevergeefs beleër het; deur vroue en kinders in die konsentrasiekampe; deur regeerders en krygsgevangenes in ballingskap asook verskeie ander deelnemers - alles toegelig uit 'n magdom kontemporêre bronne en met 'n menigte foto's wat destyds geneem is.

View full details