ISBN: 9781868426287 | Published: October 1, 2015 |
Kamers wat inspireer
Kamers wat inspireer
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Kamers wat inspireer. Van die wêreld van 'n kunskurator tot 'n dag in die lewe van 'n jong bakker wat weekliks honderde brode met die hand vorm. Van fynproewerskos tot unieke juwele. Van handgemaakte kaartjies tot die fynste porseleinskeppings, helende lyfprodukte, unieke wyne, klassieke klere en antieke meubels. Sielskos wat jou weer sal laat droom en jou 'n kykie gee in die lewens van mense wat hul passies uitleef.
Hierdie boek vier die wonderlike suksesverhaal van die skeppende geeste wat jaar na jaar bydra om KAMERS die grootste vertoonvenster van plaaslike talent in Suid-Afrika te maak.
Bella, soos almal haar noem, was lank by die tydskrifwêreld betrokke as skoonheids- en moderedakteur. Daarna het 'n vryskutloopbaan as modestilis en blogger gevolg en in 2012 het sy die kosmark by Die Palms in Woodstock begin. In 2013 het sy haar eerste KAMERS 'pop up deli' gehad. Haar smullekker quiches, befaamde rissiesous en Weskusmossels in 'n pikante roomsousie het uit haar keurige stalletjie gevlieg.
Author Isabella Niehaus
Illustrator Foto's deur Lizl Dreyer
Share
