Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781868427420 | Published: February 1, 2017 |

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense

Regular price R 270
Regular price R 0 Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Jan Christiaan Smuts was 'n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar 'n leierskapsvakuum.
In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op 'n verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en 'n groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

Author Richard Steyn

View full details