ISBN: 9781868427581 | Published: February 20, 2019 | Soft Cover
Witboy In Berlyn
Witboy In Berlyn
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in ‟n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis - op ander nie. In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing. Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, ‟n lid van ‟n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan ‟n protesoptog deel. Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie.
Author Deon Maas
Share
