ISBN: 9781868427901 | Published: October 23, 2017 |
Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe
Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoëls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sê dié manne.
Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte-operateurs.
Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit 'n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om 'n leeu kaalhand van 'n karkas te verjaag. Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?
Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.
Hulle verklap boonop hul unieke filosofie - bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding!
Of staan opsy, want die Recces kom verby.
Author Douw Steyn
Author Justin Vermaak
Share
