ISBN: 9781868428243 | Published: June 1, 2017 |
My Ballerina Droom
My Ballerina Droom
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
'Ek loer deur die verhooggordyn en sien die entoesiastiese gehoor. Hulle wag vir die ballerina om te verskyn. Die musiek begin. My hart klop vinnig van al die opwinding en dan vlieg ek op die verhoog. Die ballerina is ek!'
Michaela DePrince was 'n driejarige oorlogwesie in Sierra Leone toe sy op 'n dag 'n windverwaaide tydskrif optel met die foto van 'n glimlaggende ballerina op die voorblad. Daardie dag het haar obsessie met ballet begin. Sy het haarself daar en dan voorgeneem sy sou eendag ook so gelukkig soos die vrou op die foto wees.
Sy is kort daarna deur 'n Amerikaanse gesin aangeneem. Sy het egter nooit die foto van die ballerina vergeet nie. Toe haar nuwe ma bewus word van haar belangstelling in ballet het sy begin klasse neem.
Sedertdien het sy nog nooit ophou dans nie en vandag is sy 'n hoogs suksesvolle ballerina. 'n Storie wat enige jong meisie (of seun) sal inspireer om groot te droom.
* Die boek is die geïllustreerde kinderboekuitgawe van DePrince se roerende memoir, Hope in a Ballet Shoe. Die kleurvolle illustrasies is deur Ella Okstad.
Author Michaela DePrince
Illustrator Ella Okstad
Share
