Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9781868631513 | Published: February 1, 2018 |

Pythagoras Wiskunde Graad 8

Pythagoras Wiskunde Graad 8

Author:FISICHEM
Regular price R 270
Regular price R 0 Sale price R 270
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Pythagoras 8 is aanvullend tot die leerders se klaswerk en gewone handboek deurdat dit vir hulle die geleentheid bied om ekstra oefening te kry. Die oefeninge sal hulle ook van groot waarde wees wanneer hulle hersiening doen ter voorbereiding van toetse en eksamens.

Elkeen van die vyf leeruitkomste en die onderafdelings, soos voorgeskryf in die KABV-dokument, word volledig in twee of meer modules gedek . Elke module bestaan uit vier afdelings:

‘n Kort bespreking van die belangrikste teorie en tipiese voorbeelde.
Oefening A: Hierdie oefening bestaan uit eenvoudiger probleme om kennis vas te lê
Oefening B: Hierdie oefening bestaan uit meer ingewikkelde probleme om leerders se kennis te verbeter.
Toets: Elke module sluit af met ‘n toets. Leerders behoort vir hulle self ‘n tydsbeperking te stel wanneer hulle dit beantwoord.. ‘n Goeie maatstaf is 1 minuut vir elke punt.
Let wel: Sommige modules het ook ‘n Oefening C. Dit is die modules wat baie inligting bevat en is bedoel om die werk ’n bietjie beter saam te vat en beter begrip te bewerkstellig.

Die boek bestaan breedweg uit vier gedeeltes.

Die kort bespreking, oefeninge (vrae) en toetse vir elkeen van die vyf leeruitkomste en onderafdelings vorm die eerste deel van die boek.
Direk hierna volg drie volledige November-eksamenvraestelle.
Volledige antwoorde vir al die oefeninge (vrae) en toetse (met puntetoewysing) volg na die November-eksamenvraestelle.
Na die oefeninge en toetse se antwoorde volg die vraestelle se memorandums met puntetoekennings.

Author FISICHEM

View full details